Ока | |
---|---|
Monding van die Oka in die Wolga-rivier by Nizjni Nowgorod. | |
Die stroomgebied van die Oka-rivier. | |
Oorsprong | naby Glasunowka (Rusland) |
Monding | naby Nizjni Nowgorod in die Wolga |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 500 km (932 myl) |
Oorspronghoogte | 150 m (492 voet) |
Mondinghoogte | 78 m (256 voet) |
Gemiddelde afloop | 1 300 m³/s (46 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 245 000 km² (95 000 myl²) |
Kaart van die Oka-bekken in Europa.
|
Die Oka (Russies: Ока) is ’n rivier in die Europese deel van Rusland en die belangrikste regtersytak van die Wolga. Dit is 1 500 km lank, waarvan 1 200 km (van Serpoechof af) bevaarbaar is. Die rivier vloei onder andere deur die oblaste Orjol, Toela, Moskou, Rjazan, Wladimir en Nizjni Nowgorod. Dit mond by die stad Nizjni Nowgorod in die Wolga uit.
In die winter is die Oka vyf maande lank gevries. Tot ’n paar jaar gelede het motors oor die ys na die ander kant van die rivier gery, maar weens minder koue winters is dit nie meer moontlik nie omdat die ys nie meer so sterk is nie.